PROJEK DIK WORS

Sekerlik die belangrikste vereiste om 'n taal te laat voortleef, is om dit te praat. Dit is juis hier waar humor inkom. Ons Suid-Afrikaners se tonikum vir die lewe is humor, wat hoofsaaklik bestaan uit grappe en vertellings. Ons deel graag hierdie tonikum om die braaivleisvuur, asook tydens gesellige etes en byeenkomste. Goeie wyn en goeie kos, gepaard met goeie humor, is altyd ‘n waarborg vir 'n onvergeetlike ervaring.

Ondanks vele pogings om ons taal te red, is daar steeds kommer oor die voortbestaan van Afrikaans as spreektaal. Gevolglik het ‘n paar maters, wie se vriendskap meer as veertig jaar gelede as Matiestudente begin het, besluit om iets daadwerklik daaraan te doen. So is Projek Dik Wors gebore. Hierdie boek vorm die ruggraat van die projek en ons publiseer oor die volgende vyf jaar elke jaar ‘n soortgelyke boek. Begin nou reeds om dit te versamel en u gaan uiteindelik die trotse eienaar van ‘n ensiklopedie van Afrikaanse humor wees, wat u vir u nageslag kan bewaar – Die humorboek, Dik Wors, 'n skatkis waarop elke Afrikaanssprekende persoon trots kan wees om te besit. Weens die uiters bekostigbare verkoopprys van hierdie lekkerlees- en waarde vir geld-boek, is Dik Wors die ideale geskenk vir al u gunsteling familie en vriende - selfs vir skoonma.
Ons wil Afrikaanssprekendes langs die duisende braaivleisvure wat elke dag aangesteek word, aanmoedig om in hul eie taal te lag, en in daardie taal aan ander oorvertel waaroor hulle lag. As 1000 lesers aan slegs 2 persone oorvertel en daardie 2000 mense vertel elk aan nog 2 aanhoorders, het jy 4000 mense om die proses te herhaal. Hierdie voorbeeld vereis dat die proses slegs 10 keer moet plaasvind om 1 miljoen mense te bereik. Herhaal 15 keer en bereik 32 miljoen aanhoorders deur 16 miljoen vertellers. Dit is die rimpelefek van oorvertel!
Projek Dik Wors werk ook effektief saam met ons land se hoërskole vir die verspeiding van hierdie boek. Ondersteurn die taal van u hart deur ons skole se fondsinsamelingsinisiatiewe te ondersteun en in die proses waarde vir u geld te kry.


Skatkis Van Humor

Die skrywer het ongeveer 40 jaar gelede die gewoonte aangekweek om die lëe spasies in sy dagboek te benut, deur allerlei gedagtes, gedigte, grappe, idees en vele meer daar neer te pen. Hierdie warboel skrywes is dan elke jaar op ‘n geordende wyse in ‘n notaboek oorgeskryf. Met die jare het die aantal notaboeke toegeneem. Vandag beskik hy letterlik oor ‘n skatkis propvol notaboeke, wat wemel van Afrikaanse juwele. Hierdie rykdom word met lesers gedeel in die Dik Wors-reeks. Kyk ook uit vir ander publikasies deur dieselfde skrywer, Darra Hay. Geniet u wors en vertel almal waar om dit te kry.


Die Skrywer

Darra Hay is die skryfnaam van Derick Hayward, die skrywer en samesteller van Dik Wors. Nadat hy in 1972 matriek verwerf aan Hoerskool Outeniqua in George, voltooi hy sy diensplig op Oudtshoorn. Darra verwerf ‘n BA Honneursgraad aan die Universiteit Stellenbosch in 1977, waarna hy ‘n pos as onderwyser aan Hoërskool Tulbagh beklee, voordat hy hom in ‘n bemarkingsrigting wend.
Lees en skryf is by hom ‘n passie, alhoewel hy ook op die rugbyveld as speler en later afrigter, groot sukses behaal het. Hy speel graag skaak en was, voor die amputasie van sy regterbeen, ook ‘n kranige gholfspeler.
Darra se gunsteling skrywer is Wilbur Smith. Sy gunsteling musikant is Bob Seger, akteur Robert Redford en sy gunsteling aktrisse is Nicole Kidman. Behalwe lees en sport, hoewel dit deesdae nog net die kyk van laasgenoemde is, geniet Darra sy musiek en het ‘n wye versameling, wat wissel van tradisionele Country-, Rock- tot Popmusiek. Hy is ‘n goeie kok en hou daarvan om saam met familie en vriende te kuier, veral om ‘n vuurtjie. Saam met lekker kos geniet hy goeie wyn en sê nie sommer nee vir ‘n brandewyn en coke nie.

Search

Dik Wors